Die groot woord. As jy hier aankom en jou plan is om hier te settle, dan is dit die ding wat kronies in jou gedagtes gaan wees vir die volgende paar maande.
Wat moet jy doen, waar, hoe, wanneer, wat kos dit, is dit vir my, en wat beteken dit alles?
Dis die vrae.
Hier is 'n paar antwoorde en van die stappe wat nodig is om uiteindelik daarby uit te kom. En eintlik is dit verspot maklik, bekostigbaar en behoort geensins jou 'n maagsweer te gee nie. Wat is PR? (Permanent Residence)
Presies wat dit se. Jy kan hier in NZ bly, lewe en werk net waar jy wil, sonder werkspermitte, vir altyd. Jy mag eiendom koop, deel in medies, en al die ander dinge wat regte Kiwis kan doen. Dit is amper soos om 'n volwaardige burger van die land te wees sonder die amptelike Paspoort. Met PR gaan baie deure vir jou oop mbt. Werksaanbiedinge, bedingingsmag, versekering, huislenings, hospitale en gratis medies, goedkoop skole en universiteite, ens. En ja, jy het nou ook stemreg.
Met PR behoort jy aan NZ, al het jy 'n SA paspoort. Jy mag nie NZ verlaat sonder 'n 'Returning Visa' nie, as jy dit doen verval jou PR en moet jy van vooraf weer aansoek doen. Hulle reik vir jou 'n 'Returning Visa' uit wat geldig is vir 2 jaar. As jy al die voorwaardes van hierdie visa nakom doen jy aasoek vir 'n permanente "Returning Resident Visa" wat dan permanent jou die reg gee om in en uit die land te beweeg.
Meer inligting oor hierdie Visa kan hier gekry word:
Almal wat werspermitte in NZ gekry het voor Februarie 2005 en nou hul PR het, mag nog stees binne 3 jaar aansoek doen vir Burgerskap. Die nuwe wet na Februarie 2005 gee jou 5 jaar waarin jy Permanente Residensie het en hier woon, voordat jy mag aansoek doen vir Burgerskap.
Meer inligting oor Burgerskap hier:
Hoe doen mens dit? - Sommer op die internet!
Jy kan nie net sommer vir PR aansoek doen nie, jy moet eers 'n expression of interest doen en dan word jy genooi om amptelik aansoek te doen. Dit is goedkoper om jou EOI deur die internet te doen.
Hieronder volg 'n strategie wat maklik en goedkoop is. Let wel dat jy ook van 'n Immigrasieagent gebruik kan maak as jy wil , maar dat laasgenoemde redelik duur kan wees.
LW: Jy MOET in NZ wees en 'n geldige wekspermit met permanente werksaanbod en SA paspoort wat geldig is vir 'n minimum van 4 jaar he as jy die strategie hieronder gaan gebruik.
Natuurlik keer niks jou om ook in SA reeds aansoek doen nie. Baie mense gebruik Immigrasieagente hiervoor. Baie Saners wat puntsgewys reeds kwalifiseer vir PR, doen dit sommer self reeds in Suid Afrika, en kom dan hier aan met Residensie. Hierdie persone sukkel nie juis baie om dan werk te kry nie omdat al die papierwerk vir immigrasie reeds gedoen en goedgekeur is. PR stap vir stap
1. Maak seker dat jou puntetelling genoeg of meer is om in aanmerking te kom. Klik hier:
2. Registreer op NZ Imigrasie se webwerf. Skryf jou 'Username' en 'Password' iewers neer sodat jy dit nie vergeet nie. Dit is jou paspoort tot PR. Klik hier:
3. Noudat jy geregistreer het, log-aan en gaan na Create Expression of interest of EOI vir kort. Hierdie is die mees belangrikste dokument wat jy mee te doene gaan kry, so dit is raadsaam om dit koelkop, nugter en doodelik akkuraat in te vul. Letterlik punt vir punt. Dis glad nie moeilik nie en daar is orals hulpfunksies wat jy kan gebruik om jou te help. Moet nie eers probeer om valse inligting hier te gee nie want elke woord, paragraaf en alles wat jy se, sal jy op die einde van die dag moet kan staaf. Daar is groot boetes betrokke vir valse inligting en Immigrasie kan jou ook sommer sumier deporteer. Jy kan hierdie vorm 'save' en later weer terugkom om dit klaar te maak. Spandeer eerder 4 tot 14 uur hier as om later spyt te wees.
4. Soos jy deur die vorm werk sal jy agterkom dat daar bonus punte gegee word vir enige van jou famielie wat reeds PR in NZ het. Jy kry ook baie punte as jy woon en wettiglik werk in enige ander area buite die Auckland provinsie.
5.Kwalifikasies. As jy nodig het om jou kwalifikasies te laat verifieer by NZQA: doen dit so gou as moontlik. Sekere beroepe het sulke stappe nodig.
6. Wat gebeur as jy GEEN ander kwalifikasies behalwe matriek het nie?Hier in NZ gee hulle jou krediet vir ondervinding, Solank jy bewyse daarvan het en dit kan staaf. Bv. Jy het as 'n "Bestuurder" of wat ookal by 'n firma in SA gewerk vir 4 jaar of langer. Dit tel as kwalifikasie vir daardie beroep. Maw; jy het dan 'n "QBE" Qualification By Experience. Hoe langer jy in een pos gewerk het, hoe meer punte kry jy, want hoe meer ondervinding het jy dan. So hier is 'n plek vir ieder en elk. Dit is egter baie beter om met goeie kwalifikasies ook, hier in NZ aan te kom.
7. Kinders: jy kan al jou kinders by jou "EOI" insluit, solank as wat hulle onder 24 is en NIE in NZ reeds werk nie. Sodra hulle begin werk moet hulle self aansoek vir PR doen.
8. Engelse taallesse - snaakse ding die. As jy by 'n erkende Universiteit, Technicon ens. geswot het, en/of 'n professionele beroep beoefen en/of in die media, reklame, uitsaaiwese, kommunikasie bedryf, onderwys, internasionale firmas, en nog 'n paar ander gewerk het, en jy het bewyse daarvan, is dit nie 'n kwessie nie. Vir baie mense gaan daar egter verwag word om Engelse taallesse te neem. Dis duur en kos ongeveer $250 per persoon.
9. Jy hoof nie te wag om eers 1 jaar se Kiwi ondervinding op te doen om aansoek te doen nie, en kan reeds sommer in dieselfde maand wanneer jy begin werk dit doen, Solank jy 'n "Contract of Permanent Employment" het is die saak reg.
10. Nadat jy deeglik jou ou vormpie voltooi het, tevrede is met alles wat jy daarin gese het, is jy nou gereed vir jou "EOI" en het 'n kredietkaart nodig: Master of Visa. Dit kos ongeveer $400. Pryse verander en jy kan dit op die immigrasie se webwerf opkyk.
Kostes en vorms:
Jy vul net 1 vorm in vir jou hele gesin.
11. As alles goed gaan kry jy 'n verwysing wat jy kan 'save' en 'print' en nou wag jy vir Immigrasie om jou te kontak. Hulle plaas jou aansoek in die "Poel" en daar is elke 2 weke 'n trekking. As jy 140 of meer punte het, word jy outomaties uitgenooi, anders, as jy gelukkig is, kontak hulle jou per brief binne 1 maand en nooi jou amptelik uit om vir PR aansoek te doen. Jy het 4 maande tyd om dit te doen en is reeds 95% daar. NZ kort baie "skilled" persone en Suid Afrikaners word oor die algemeen baie goedgunstig oorweeg, ek wil amper se in 99.9% oor die algemeen. Afhangende natuurlik wat jy kan doen en wat jou kwalifikasies of ondervinding is.
Die Formele aansoek vir PR
Noudat jy amptelik deur Immigrasie uitgenooi is om aansoek te doen kry jy 'n "handboek" sowel as 'n dik pak dokumente. Dit word by jou huis of waar jy woon afgelaai per hand. Dis al die goed wat jy ingevul het tydens jou EOI voorlegging. met aanmerkings daarop. Hulle gaan sekere inligting van jou benodig en elke bladsy het sy eie vrae.
Dis hoekom dit uiters belangrik is dat jy jou EOI op die internet sommer die eerste keer korrek en sonder om iewers te lieg, in te vul.
Jy kan gesertifiseerde kopie maak van al die dokumente wat hulle benodig en dit aan elke bladsy vasheg. Selfs van jou paspoort. Indien jy jou paspoort saamstuur as jy jou aansoek indien kry jy dit weer baie vinnig terug.
Dinge wat hulle bewyse voor gaan vra:
1. Geldige paspoort 2. Geboorte sertifikaat 3. Huwelik sertifikaat indien jy getroud is 4. Polisieklarings sertifikaat 5. Mediese Ondersoek en X-rays verslag (Word hier in NZ of in SA gedoen) 6. Jou "Permanent Employment Contract." Dit moet huidig en "Permanent"wees. 7. Bewys van 'n salaris betaling aan jou. "Salary Slip". Jy kan ook sommer 'n bankstaat aanheg wat die "Salary" inbetaling toon. Nie baie Kiwi firmas gee elke keer 'n "Payslip" nie. 8. Al jou naaste famielie besonderhede; ouers, kinders, broers en susters, hul geboorte datums, huwelikstatus en land van permanente residensie. Dis hier waar jy baie punte kry as jy reeds famielie in NZ het wat PR status het. 9. Bewyse van jou ondervinding in die werk wat jy doen 10. Bewyse dat jy Engels magtig is, gewoonlik is jou "werksaanbod" goed genoeg hiervoor. 11. Bewyse van jou kwalifikasies.
NB: Dit is belangrik dat jy al die bogenoemde byderhand het. Dit neem baie lank om "Polisieklarings" van hieraf in SA te kry Dit is raadsaam om so vinnig as moontlik aansoek te doen voordat die polisiesertifikaat van SA verval. Dit hou 6 maande.
As jy 'n hoop Grade en ander kwalifikasies het, wat eers deur NZQA gesertifiseer moet word, is dit raadsaam om dit te laat doen voordat jy in NZ aankom. Dit neem ongeveer 2 - 4 maande en as dit reeds reg is gaan jou PR aansoek baie vinnig deur.
As jou polisieklaring verval het, dien die ou een in, hulle gaan dan net jou versoek om nuwes in te dien, maar nou het jy 'n lewenslyn direk na immigrasie en kan met hulle praat. As jy suksesvol is in jou PR aansoek, gaan hulle dit toeken aan jou op voorwaarde dat jy binne 4 maande die nuwe polisieklarings moet gee.
As jy al die bogenoemde inligting het en jou vorm is nou voltooi, is dit tyd vir die groot dag. Dien dit in by die Immigrasiekantoor in die streek waar jy woon en werk. Dit kos $630
Al wat nou oorbly is om te wag dat hulle jou antwoord. Dit mag wees dat hulle addisionele inligting nodig het, indien wel sal jy briewe van Immigrasie kry wat dit aanvra.
Dit kan enigiets van 2 tot 6 weke duur vir 'n antwoord, as jy alles reg gedoen het behoort jy 'n brief te kry met die woorde "Congratulations" en al die ander lekker goeters daarin. Hulle sal jou ook dan vra dat jy (of as julle 'n gesin is) julle paspoorte moet inbring sodat hulle die"PR" sticker en "Returning Visitor's Visa" daarin kan vasheg. Hierdie laaste vesoek gaan jou ongeveer $300 per persoon kos. Dit neem ongeveer 2 ure of 3 dae vir hierdie aksie
Dis dit!
Gaan koop 'n bottel sjampanje, rooiwyn of wat jou plesier is, nooi jou vriende en famielie hier in NZ en hou 'n "Barbie." Kuier tot vroegoggend toe. Jy/julle het dit gemaak. Welkom in NZ!