Werkspermit / Work Permit

Werkspermit / Work Permit

by Admin print the content item create pdf file of the content item

Die Werspermit en ander goeters

Almal se droom is om sommer met die intrapslag 'n beter of soortgelyke pos te bekom wat hy of sy in SA gehad het met die gepaargaande status, kasteel, strandhuis, Merc, ens.

Ongelukkig is dit nie heeltemal moontlik nie. Dis 'n ander land met 'n ander kultuur. Baie Saners kom hier aan en kan nie aanvaar dat hulle eintlik maar weer van vooraf die leer sal moet klim nie.

Hier is jy 'n immigrant met die gepaargaande status, "nothing special", totdat jy PR gekry het, en begin aanpas het hier in Godzone. Godzone is die Kiwi slang vir "God's Own Country" of God's Own."

Hier is BAIE werk, die ding is, om net eers 'n begin te maak.

Hier is die feite:
Maak nie saak watse beroep jy beoefen nie, jy gaan in 99.99% van alle gevalle onder die gesag van 'n Kiwi baas werk.

Hy of sy, het die status, is 'n burger van NZ, het 'n strandhuis, 4x4, die Merc of BMW, en 'n boot of 2, en gaan jou vertel hoe dit gedoen moet word. Al het jy al die kennis, kwalifikasies, en tonne meer ondervinding, en was nog laas die Posmeester Generaal in SA, is dit hoe dit is. Dis 'n feit soos 'n koei. Maak vrede daarmee.

Dit keer jou nie om jou eie besigheid hier oop te maak nie, solank jy Kiwis in diens neem, elke jaar 'n winsie maak, al is dit min, is die saak reg. Sien NZ Immigrasie webwerf vir 'Business Visa' Dit hang af wat jou motiveering is, wil jy net hier kom werk, of wil jy uiteindelik PR, 'Permanent Residence', status en later NZ burgerskap kry.

Natuurlik kan jy geld belê in NZ, ek praat onder korreksie maar ek dink dat die bedrag is nou na $2,000,000 opgeskuif is. Maal met ongeveer R5.50 op hierdie oomblik en word grys. Sien Immigrasie se 'Investor's Visa'

Daar is baie keuses om te maak, en vir alle keuses het jy nog steeds 'n werkspermit nodig.

Dit is die slegte nuus, en nou vir die goeie nuus.

Vir die gewone man of vrou, en selfs die professionele mense wat dit sterk oorweeg om hiernatoe te kom en 'n nuwe lewe to bou is daar baie opsies. Afhangende van jou kwalifikasies en ondervinding is daar 'n plek vir ierder en een. Dit hang net af hoe ernstig jy is en of jy kan volhard. Jou werkspermit hier in NZ, is jou oop deur na PR - Permanent Residence.

Om PR te kan kry moet jy 55 of jonger (en gesond) wees, Om hier te werk moet jy onder 65 wees en kan jy jou werkspermit verleng met 2 jaar, elke jaar solank jou paspoort geldig is, tot op daardie ouderdom of langer as jy gelukkig is.

As jou 'Pardner' dis nou jou vrou of man, jonger is as 55, en beter kwalifikasies as jy het, beteken dit meer immigrasiepunte, en kan hy/sy dan aansoek doen vir PR namens julle gesin. Elders op hierdie webwerf verduidelik ek in diepte meer oor hierdie konsep.

Die "Doen-dit-jouself strategie" om werk en 'n werkspermit te kry in NZ

Hierdie strategie het fondse nodig, genoeg om jou vir ten minste 6-9 maande aan die gang te hou.

1. Bly by 'n vriend, gastehuis soos voorheen genoem en begin werksoek. Bring jou eie laptop of gebruik jou vriend of familielid se rekenaar as jy kan. Hier het almal, of ongeveer 99% internet by die huis. Jy kan ook die internet kafee's gebruik en hier baie van hulle.
2. Maak 'n bankrekening oop, as hulle vra, sê jy werk vryskut
3. Stuur jou CV's weg in hul hordes, gebruik die internet of pos na die instansies soos geadverteer in die plaaslike en nasionale koerante
4. Slyp jou CV om te pas by die werksaanbod.
5. Wees voorbereid om sommer baie "Dear Johnny-sorry" briewe in antwoord terug te kry.
6. Gaan vir die onderhoude. Vertel hulle dat jy besig is met jou werkspermit en dat jy slegs die werkoffer nodig het om dit te finaliseer.
7. Moet nie probeer om "Uit die hoogte" of "alweetend", of met 'n "arrogante" houding 'n onderhoud aan te pak nie. Die Kiwis raak gou geintimideerd en is bang of kyk neer op hoogdrawende Saners. Hulle het wel baie respek vir ons en weet dat enige Suid-Afrikaner 'n goeie werker is. Vir daardie rede sal sommige probeer om die beste "Skilled" persoon vir die laagste besoldiging te kan bekom. Pas op daarvoor.
8. As jy niks binne 3 maande kry waarvan jy hou nie, verleng jou "Visitor's Permit" na 9 maande, jy kan dit maklik doen en dit kos ongeveer $90.00, jy sal moet gaan vir "Chest X-rays" dit kos ongeveer $150.00. Hulle wil sien of jy TB of ander borskwale het. Deesdae (Vanaf laat 2006) doen hulle nou ook 'n bloedtoets, waar hulle onder andere ook vir suikersiekte, lewerkwale en Aids toets. DIS BAIE BELANGRIK DAT JY EN JOU PARTNER GESOND HIER AANKOM. DIS SELFS RAADSAAM OM 'N VOLLE MEDIES REEDS IN SA TE DOEN. (Dit is geldig vir 3 maande). AS HULLE IETS ERNSTIGS BY JOU HIER BESPEUR, GAAN JY ONGELOOFLIK SUKKEL, OF GLAD NIE 'N WERKSPERMIT, OF LATER PR KRY NIE..
Die voorwaarde vir die verlenging van jou besoekersvisa is dat jy moet sal kan wys dat jy ten minste $6,000 in die bank of in kontant het, om vir jouself en jou famielie wat jy saamgebring het te kan sorg en dat jy/julle 'n vliegtuig kaartjie terug het. Sê jy wil graag meer van die land sien. Dit geld vir jou en enigeen van jou familie wat jy saambring. As jy nie die fondse het nie gaan hulle NIE jou of jou Partner se besoekersvisa verleng nie. Wees gewaarsku.
9. Hou aan met werksoek, as jy ongelukkig is in die eerste 3 maande, en jy kan oorleef vir 9, gaan jy definitief regkom. Natuurlik gaan dit hier oor keuses en slegs jy sal weet of jy 'n aanbod wil aanvaar of nie. Daar is bitter min mense wat ek ken hier wat meer as 5 maande geneem het vir 'n werksaanbod.
10. As die aanbod dan kom, die een waarvoor jy gewag het, begin 'n nuwe opwindende lewe vir jou en jou gesin.

Nota: As jy 'n werkspermit gekry het kan jou vrou/man of wettige 'partner", ook dan aansoek doen vir 'n "ope werkspermit" vir solank as wat joune geldig is. Jy sal moet bewys lewer van julle huwelik of de-facto verhouding.

Meer en meer Suid-Afrikaners kom hier aan op "Die Doen-dit-jouself roete" en maak dit groot in NZ. Maar daar is ook die wat baie geld mors, nie hul huiswerk behoorlik gedoen of volledig beplan het nie, en die wat hoogmoedig en arrogant is, en dink dat die wêreld hul iets skuld, en glad nie kan verstaan dat mens maar eintlik slegs 'n immigrant of "migrant worker" is hier, totdat jy PR of burgerskap het in NZ nie. Hierdie persone gaan terug SA toe met baie finansiele laste, sommige ook met gebroke huwelike.

Groot verwagtings skep groot probleme. As jy bereid is om koelkop die stryd aan te pak en durf en moed het, is al hierdie dinge slegs 'n "moment in time" vir 'n beter, vryer en veiliger toekoms vir jou en jou gesin. Besluit self. Die keuse is joune.

Die Werksaanbod - uiteindelik!

Dis waarvoor jy gewag het. Nou kan jy in volle erns beplan. Jou werkgewer sal vir jou skriftelik 'n werksaanbod gee. Hierdie dokument is nodig vir jou om aansoek te doen vir 'n werkspermit.

Aansoek vir die Werkspermit

Werkspermit aansoekvorms is by jou naaste immigrasie kantoor beskikbaar of kan van die internet afgetrek word.

Forms:

Jy het 2 ID fotos nodig, polisieseklaring, jou paspoort en "X-rays" as dit nie al reeds gedoen is nie. Hulle sal ook 'n werkskontrak aan jou gee. Jy het 7 dae tyd om dit te bestudeer en te aanvaar of aldan nie.

Jou werkgewer moet ook 'n brief aan Immigrasie rig waarin hy /sy verduidelik hoekom jy die werksaanbod kry en nie 'n Kiwi nie. 'n afskrif van die advertensie wat geplaas is, in die koerant of op die web, moet ook ingehandig word. Dis normaal en bloot 'n formaliteit.

Vra in jou aansoek vir 'n 2-jaar werksvisa, en wees tog asb seker dat jou paspoort nie in hierdie tyd verval nie! - Voordat jy kom maak seker dat jou paspoort vir ten minste 6 jaar geldig is, as dit nie is nie, kry nuwes in SA voor jy kom.

Jy moet bewyse lewer van al jou kwalifikasies, ondervinding, geboorte sertifikaat, huwelikstatus, polisieklaring ens. Voordat jy 'n werkspermit gaan kry, so dis belangrik dat jy al jou dokumentasie by Binnelandse sake in Pretoria en die Departement van Onderwys kry voordat jy hiernatoe kom.

Die werkspermit kan so vinnig as 1 dag tot so lank as 2 maande neem om uitgereik te word. Dit kos $200 vir die permit en $150 - $250 vir die X-rays en volle medies. Jy kry vinniger werkspermitte buite die Auckland provinsie.

Wat het jy nodig voordat jy SA verlaat?
1. Goeie gesondheid, kwalifikasies en jonger as 55 jaar
2. Geldige paspoort vir ten minste 6 jaar
3. "Unabridged" weergawes van al jou kwalifikasies, geboortesertifikaat en huweliksertifikaat en genoeg gesertifiseerde afskrifte hiervan.
4. SA Polisie "Clearance"
5. 'n Goeie dosis verwysings van jou vorige pos en werksondervinding.
6. Genoeg paspoortfotos.
7. Geldige SA Bestuurslisensie (Baie belangrik) indien jy dit verloor het, sal jy 'n volledige toets hier in NZ moet doen vir jou lisensie. As jy een het, doen jy slegs 'n skriftelike toets na 'n jaar, om jou NZ lisensie te kry.
8. ID boek
9. Genoeg geld om jou an die lewe te hou

Sien ook Stap 5 by - "Where to Start?"



Dis dit. Nie te erg nie sou ek sê.