Om werk te kry in NZ is geen maklike taak indien jy nie 'n uiters hoog gekwalifiseerde profesionele beroep beoefen, of 'n uitstekende vakman is nie.
Dit beteken nie dat daar nie ook 'n geleentheid vir ieder en elk is nie, maar dat sommige beroepe voorkeur kry en ander nie.
Bv: Dokters, tandartse, verpleegters, (enige mediese beroep), laboratorium tegnikuste, navorsers en vakmanne (elektrisien, motorwerktuigkundiges, vliegtuigwerktuigkundiges, passer-en-draaiers, ens), IT deskundiges, veral in Cisco, netwerke, webontwikkeling, C++, en enige beroep in die kunste soos TV, gedrukte media, kommunikasie en reklamebedryf, rolprentbedryf, grafiese kunstenaars, onderwysers, rekenmeesters ens. word gunstig ontvang. Selfs vragmotorbestuurders is hier in aanvraag.
Beroepe soos kantooradministrasie, klerke, ontvangsdames, verkope en ander algemene werksrigtings sukkel baie. Prokureers, en andere moet ook weer eksamen skryf voordat hulle hier mag praktiseer. In elkgeval moet meeste kwalifikasies eers deur NZQA geverifiseer word, voordat mens erkenning daarvoor kan kry.
Jy mag nie werk in NZ voordat jy 'n werkspermit het nie, en jy kan nie 'n werkspermit kry voordat jy 'n werksaanbod het nie, en dis moeilik om 'n werksaanbod te kry as jy nie 'n werkspermit het nie. Heeltemal deurmekaar en agterstevoor, maar nie onoorkombaar nie. Dit kos net een Kiwi om jou 'n geleentheid te gee of om 'n kans op jou te waag, en jou kop is deur.
Die proses kan baie vinnig (5 dae of korter), of selfs 6 maande of langer duur.
Daar is verskeie maniere om te werk te gaan maar ek gaan kortliks net oor die mees algemene metodes uitbrei. Dit is ook raadsaam om hier in NZ te wees as jy aansoek doen, sodat jy direk met die mense kan kommunikeer en afsprake kan nakom. Min mense doen aansoek vanaf SA en kry waarna hulle soek, maar dis ook nie onmoontlik nie.
In 99% van alle gevalle is dit nodig dat jy HIER IN NEW ZEALAND MOET WEES indien jy 'n werksaanbod gaan kry.
As jy 'n werksaanbod in SA vanaf NZ kry, met werkspermit en elke ding, is jy baie gelukkig en gaan 'n lekker soft landing hier doen.
Gebruik die internet:
Klik op dievolgende skakels vir werksgeleenthede in NZ: Seek: Netcheck: NZ Jobs Com: Jobstuff: Job Co: Trade Me Jobs Online:
Gebruik die koerante:
Baie werksgeleenhede word slegs in koerante geadverteer en nie op die internet nie, dis hoekom mens eerder self in NZ moet wees om die geleenthede as dit kom, te gryp.
Die New Zealand Herald, Waikato Times, Dominium Post is uitstekende bronne vir werk en baie mense wat ek ken, myself ingesluit, het deur middel van die koerant werk hier gekry en nie deur die internet nie. Die skakel hieronder sal jou 'n idee gee van koerante in NZ:
NZ Newspapers:
Moet nie verbaas wees as jy ongeveer 40 tot 80 CV's uitstuur voordat jy 'n gelukkie tref nie. Hou moed, hou koers, hou aan!. Dit sal gebeur.
Jou CV
Die belangrikste wapen wat jy het. Gebruik dit goed. 'n CV vir die New Zealandse arbeidsmark is totaal anders as wat mense in SA gewoond is. Hier gaan dit nie hoe vreeslik important mens is nie maar hoe skilled mens is. In sommige gevalle gaan jy partykeer selfs jou ondervinding moet afskaal om die werk te kan kry. Dit is ook nie ongewoon om 'n paar verskillende CV's op jou rekenaar te he vir verskillende werksaansoeke nie. Die Kiwis is baie wantrouerig en voel in sommige gevalle selfs bedreigd deur oorweldigende CV's. Dan is daar natuurlik 'n ander euwel genaamd Kiwi experience.
Vra wat hulle jou gaan vra tydens die onderhoud Questions that they will ask in the interview Die volgende vra mag dalk vir jou gevra word - The following questions might be asked during your interview. The questions are available in PDF format here:
As jy hier is, en jy het sopas die 40e onderhoud gehad sonder sukses, beteken dit dat jy vir iets anders sal moet aansoek doen. Jy sal moet afkom in status. Gaan kyk na jou CV en kies 'n onderafdeling waarin jy goed is, jy sal selfs dalk vir iets moet gaan wat minder betaal, of iets eerder buite Auckland area soos in die Waikato, Bay of Plenty en dalk selfs die Suid-Eiland
Onthou, dit is nodig vir net een Kiwi om 'n kans op jou te waag. Jy kan altyd later na die area toe terug gaan waar jy eerder wil wees. Maak net eers 'n begin, dis die heel belangrikste.
Hieronder volg 'n paar wenke vir jou CV
• Gebruik Microsoft Word vir jou CV en nie Powerpoint of Excell nie. • Baie belangrik – Jou CV moet in Engels wees (Met goeie Engelse gramatika en spelling) Kry ‘n Engelse persoon en/of betaal iemand om te help met al die tenses en die “is” and “are”s. Gaan jou spelling deeglik na en maak seker dat daar nie foute is voordat jy dit wegstuur nie. • Moet liefs nie jou CV in PDF formaat verwerk nie. • Verwyder jou ID nommer • Verwyder enige verwysings na jou geslag en ras • Vergeet van tweetaligheid. Niemand stel belang of jy Afrikaans of Zulu kan praat nie • Los lang verwysings na jou skool en skoolvakke uit en meld net jou hoogste skool kwalifikasie en waar jy dit verwerf het. • Jou naskoolse kwalifikasies is baie belangrik en behoort deeglik beskryf te word. • Veskaf slegs voltooide kwalifikasies. • As jy aansoek doen vir ‘n werk as ‘n Sweiser gee al die feite van daardie kwalifikasie wat van toepassing is op die werk waarvoor jy aansoek doen en nie onnodige ander dinge wat jy kan doen nie. • Fokus op die werksaanbod en verskaf ware feite kort en kragtig. • Baie belangrik, indien jy melding maak van enige ondervinding en kwalifikasies, wees verseker dat hulle dit gaan 'check', so wees voorbereid om enigiets wat jy sê te kan staaf met verwysings. Moenie lieg nie! • Maak ook seker dat indien jy iemand opgee as 'n verwysing, daardie persoon jou goedgesind is, en nie jou gaan benadeel nie. • Enige internasionale onderving wat van toepassing is, is belangrik om te noem. • Spanwerk – Wees verseker dat hulle jou dalk mag vra of jy in ‘n “Team” kan funksioneer, so noem dit in jou CV. • Hoogtepunte – Beskryf kortliks die hoogtepunte van elke pos wat jy beklee het. • “Computer Literacy” – Baie belangrik om dit kort en kragtig te noem as dit van toepassing is. Bv, “I have a good understanding of Microsoft XP, Microsoft Vista, Outlook, MS Word, Excell, Powerpoint, etc” In die moderne wêreld en veral hier ook in NZ, word daar toeneemend van werkers verwag om met e-mail/intranet/internet tegnologie vertroud te wees. • Verwyder enige frille, fotos, fancy lettertipes, powerpoint goeters, in kort, enigiets wat jou CV moet ophelder. Dit gaan hier oor leesbaarheid, vinnig, op die man af en alle oordadige mooi goedjies gaan jou CV in die snippermandjie laat eindig. • Stokperdjies kan genoem word, maar vermy langdradige beskrywings van hoe jy nog laas daai groot vis iewers uitgetrek het. • Probeer om nie jouself as “Vreeslik Belangrik” te beskryf met hoogdrawende titles, posisies of range nie. As jou vorige werk so ‘n posisie behels het, kan dit gebruik word as ‘n verwysing van hoe dit jou gaan baat met die werksaansoek waarmee jy besig is. Kiwi werkgewers soek “Skills” en nie “Chiefs” nie. • Jou “cover letter” moet dien as 'n intro tot die aansoek, skryf hierin hoe jou werksondervinding en kwalifikasies waarde kan byvoeg by die firma waarby jy aansoek doen.
Die Wekspermit...
Elders op hierdie webwerf gesels ek meer oor hoe, waar en wat die prosedure is en wat dit kos om een te kry. Sterkte!