Information

Wat jy moet weet omtrent hierdie webwerf.

by Admin print the content item create pdf file of the content item

Op soek na iemand hier in NZ, oorweeg jy dit om hiernatoe te immigreer, hoe doen 'n mens dit, wat kos dit, is NZ vir my, hoe lyk die huise en stede, wat is die kiwis se gesindheid jeens Suid-Afrikaners, waar gaan jy werk kry, en hoe, sal jy kan aanpas, hoe, hoe�

Dis maar net 'n paar vrae wat mense het as hulle vir die eerste keer NZ oorweeg as 'n moontlike alternatief. Hierdie webwerf is nie geskep om Suid-Afrika te kritiseer of sleg te maak nie, tewens dis bloot 'n bron van inligting vir ernstige nugterdenkende Suid-Afrikaners, met 'n passie vir oorlewing.

Elkeen ervaar New Zealand anders, vir party is dit die laaste ongerepte paradys op aarde, ander kom hier en is baie ongelukkig, party lewe hier in limbo, en weet nie so mooi of hulle aan of af is nie.

Wat volg op hierdie webwerf is gebasseer op my en my famielie en vriende hier, se eie ervarings, en behoort nie as 'n handboek vir sukses gelees te word nie. As jy enigiets wat hier genoem word kan gebruik om die oorgang makliker te kan maak, dan is ek bly. Hierdie is 'n GRATIS diens, iets wat ek graag wil deel met voornemende nuwe Sakiwis en die Saner gemeenskap, famielie en vriende hier en in SA wat my tot dusver gehelp het met wyse woorde en raad.


Hoe kan ek deelneem met gespekke op die forum en ander areas?

Die forum is eksklusief slegs vir lede van SAKIWI.
Om ten volle deel te kan neem op die forums, "PM" (Private Messages), fotos, nuus of "Links" te kan plaas, moet jy registreer. Jy het dan ook die voordeel om 'n PM (Private Message) aan my te stuur, indien jy sensitiewe inligting benodig wat nie vir die algemene besoeker aan hierdie webwerf bestem is nie. Dis pynloos en GRATIS.
Jy het die keuse om 'n skuilnaam te gebruik en jou e-pos weg te steek sodat daar geen "SPAM" na jou kant toe kom nie.

Gebruik die menu aan die linkerhand en klik op die skakel "Singnup"



Wat moet jy weet?
Omdat hierdie 'n publieke webwerf is en deur verskeie en verkillende mense gelees word, is daar reels wat streng toegepas sal word.
1. Enigiemand wat hulle skuldig maak aan "SPAM" of gemorspos, of aan enigeen van die ondergenoemde, op hierdie webwerf, sal sumier verban word, hul IP adres sal geberg word, en hul inligting sal aan die publiek bekend gemaak word. So wees gewaarsku!
2. Geen haatspraak van watter aard ookal, vulgere en onwelvoeglike taalgebruik sal gedult word nie.
3. Geen "links/skakels" na pornografiese webwerwe, of die plasing van pornografiese items, sal toegelaat word nie.
4. Die forums word op eie risiko gebruik maar Forum-administrateurs behou die reg om inskrywings te redigeer of sumier te verwyder is dit in 'n sirkus ontaard.
5. Administrateurs sal elke skakel "Link" wat vir plasing ingestuur word ondersoek en of plaas of verwyder sonder enige verduideliking van watter aard ookal. "Links/skakels" moet oor bonafide NZ of SA-NZ verwante inhoud beskik en is nie daar om misbruik te word vir persoonlike gewin nie.
6. Politieke onderwerpe sal op meriete handteer word.

As jy saamstem met die bogenoemde reels is jy welkom om saam met ons te kuier en word jy uitgenooi om sommer vandag nog te registreer. Dit is GRATIS!

Wat gebeur as ek registreer?
  • Nadat jy die inligting op die Registrasieblad ingevul het en gestuur het, sal jy 'n antwoord kry op jou e-pos adres wat jy verskaf het. Dis baie belangrik om 'n werkende en korrekte e-pos adres te verskaf anders gaan jy nooit die bogenoemde inligting kry nie.

    Klik op die link (Skakel) in hierdie e-pos om jou status as lid van SAKWI.COM te bevestig. Onthou om jou Gebruikersnaam en paswoord iewers neer te skryf of druk dit op 'n drukker of Save dit iewers sodat jy dit nie vergeet nie.

    Log weer aan en verskaf jou gebruikersnaam en paswoord. Dis dit.


SAKIWI.COM, en myself, aanvaar hoegenaamd geen aanspreeklikheid van enige aard, vir enige mening, item, skakel, beeld of enigiets van watter aard ookal op en in hierdie webwerf nie.